Windgat eerstejaartjie

Die windgat eerstejaartjie kom 'n man langs die see teë en vertel hom hoekom die ouer geslag nie die jonger geslag kan verstaan nie.


"Julle het primitief grootgeword," sê hy hard genoeg sodat almal kan hoor. "Ons word groot met TV, spuitvliegtuie, ruimtereise, 'n man op die maan, kernkrag, selfone en rekenaars."

Die ou man het bietjie gehuiwer, en antwoord toe:

"Jy is reg, seun. Ons het al daai goed waarvan jy praat, uitgevind. Sê my, jou arrogante klein stront: Wat doen júlle vir die volgende geslag?"

Die applous was oorverdowend.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *