Cape Epic

*Nie vir sensitiewe lesers nie!!!!!*****

** **

Saterdag vlieg ‘n klomp malletjies op tv weg op die Cape Epic. ****

So tussen my popcorn en brannas wonder ek of ek nie ook maar moet fiks word
nie want daar is ‘n paar moerse mooi boudjies op daai baasiekels, maar ek
is so verdomp unfit ek kry milt steek as ek toilet toe loop. ****

Ek het mos hoeka vir die kinders elkeen ‘n grend baaisiekel gekoop op
rekening nogal en nou ry ek hulle met die kar skool toe en daai helse duur
martelpype staan en op roes in die garage. ****

Nou kyk ek waar op die ding is die carrier vir toebies en padkos maar die
simpel ding het net so draad rakkie vir water sê die laatie. Water en wat?
Daar sal nooit ‘n bottel J&B inpas nie! ****

Ek moes seker gekyk het vir een of ander weight limit want as ek ‘n 3 liter
Toyota bakkie op sy knieë trek as ek inklim gaan iets sy gat sien op die ou
draadraampie. ****

Die kinders het loop dekking slaan onder die vêrste bed in die huis met een
of ander sign wat sê “Ek ken nie daai ou nie.”. ****

Het julle geweet Spandex broeke het ook ‘n rek limiet? Dis soos om daai
maer vroutjie van 7de laan, Hilda, se super small bloomer om ‘n blou walvis
se gat te probeer trek. ****

Jou aambeie skuif tot onner jou oksels. ****

Dank Vader die pienk fiets se ketting lyk soos iets wat mens in
Richardsbaai se hawe vergeet het van die roes en ek pick die kots geel een
van die laaitie. Ek het een van die kinders se Helmets geleen al kon die
twee net uit decency vir my gesê het dis ‘n skateboard helmet. ****

Nou onthou, ek het laas fiets gery toe ‘n Chopper nog ‘n professionele
resies bike was en ek beklim die stukkie draadrank terwyl ek aan die prieël
vashou om nie om te donner nie. ****

So met die been oorgooi gee die spandex op en flash ek my vrou in die
kombuis wat die stront gade slaan en ek hoor net koppies val in die wasbak.
****

Nou moet ek my gewone PT broek dra maar die saal is vir iemand gemaak met
minder hol-cleavage as ek en so met die sitslag verdwyn daai saal met my
nuwe onnerbroek en die helfde van die PT broek die onnoembare in en
verstaan ek skielik wat ‘n wedgie from hell is. Dis finkenol teen wat ek
nou beleef! ****

Die arme fietsie se shocks lê halfpad verby hul optop level en al is die
tyres 104.7 BAR gepomp lyk hulle steeds pap, maar vandag word ons fiks!!!! *
***

Nou die wat die plek ken waar ek woon, weet van die enigste koppie in die
omtrek net agter die huis. Nou as ek hom nou kan uittrap en terugkom sal ek
in ‘n kort rukkie fiks wees, reken ek. ****

Vader, die munisipaliteit se lorries kom nie eers daar uit nie en na ‘n
ongoddelike strawwe , bloedswetende, asembenewede eerste 12 meter vang ek
lift met ‘n bakkie op tot bo. ****

Afkom lyk makliker. ****

Nou die wat nie fietsry ken nie, weet seker nie dat die voorbriek nie goed
werk op ‘n afdraend nie. ****

Nevermind, met my skateboard helmet, Pt broek driekwart in my
watchemaycallit, vellies en rugbykouse bespring ek daai martelpyp bo-op die
koppie ten aanskoue van ‘n ander gesinnetjie Cape-Epic wannabe’s. Die ma
druk sommer die dogtertjie se oë toe want ek het later by die ambulansman
gehoor ek het hol-cleavage gegooi vir Afrika. ****

Toe die predikant my kom besoek het vanoggend wou hy weet of ek so in die
afkom dalk ‘n bees in volle vaart met een of ander geel ding in sy alie
daar sien afkom het. ****

So op sy droë manier kan hy ok maar ‘n drol wees. ****

To hell met fiks word. Boude is mooier op TV en my gips kom anyway eers oor
vier weke af. ****

-Groete ****

Jors ****

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *