Uncategorized
-
Dankie vir al julle support en raad!
Liewe almal
Dankie aan julle almal wat epos aan my gestuur het in die pas afgelope jaar….. Ek moet die een wat my daai ding oor die kakkerlak eiers op die gom
van koeverte gestuur het, bedank aangesien ek nou ‘n nat lappie
gebruik om elke koevert nat te maak en dan toe te plak.
Ek vryf nou ook die bokant van elke blik deeglik blink voor ek dit
oopmaak, om dieselfde rede. Ek het nie meer enige spaargeld oor nie want ek het dit vir ‘n siek
meisie (Pennie Ferreira) gegee; wat nou al vir die 1 345 keer op
sterwe in die hospitaal lê. Ek het nie meer geld nie, maar dit gaan alles verander as ek daai R20
000 kry wat Bill Gates/Microsoft my gaan stuur omdat ek aan hulle epos
veldtog deelgeneem het … Ek het ook al 10 van daai Blackberry fone gekry, omdat ek die epos al
vir 2000 mense aangestuur het. Ek bere die ou foontjies vir ingeval
een breek… of as daardie Nigeriese bankbestuurder wat skatryk geërf
het daai R7 miljoen met my gaan deel sodra hy die geld kan kry om die
fondse vry te stel. Verder is ek nie meer bekommerd oor my sieleheil nie want ek het 200
472 engeltjies wat my oppas en moeder Maria gaan al my wense waar
maak. Ek gebruik nie meer kankerwekkende reukweerders nie al ruik ek soos ‘n
vlakvark in ‘n moddergat op ‘n warm dag. Danksy julle, Het ek geleer dat my gebede slegs verhoor word as ek ‘n epos aan sewe
van my vriende stuur en binne vyf minute ‘n wens, wens. As gevolg van julle besorgdheid drink ek nie meer Coca-Cola nie omdat
dit toiletvlekke kan verwyder en ontplof as jy dit met mentos meng. Ek gaan ook nie meer vulstasie toe sonder om iemand saam te neem om
seker te maak dat ‘n reeksmoordenaar nie agter in my agtersitplek
inkruip terwyl ek nie kyk nie. Ek gaan ook nie meer winkelsentrums toe nie want ek is bang iemand
bedwelm my met ‘n spesiale parfuum en beroof my. En ek was my undies voordat ek dit aantrek want eks bang iets vrot af
en ek koop nie meer cheap chinese plakkies nie, want dit kan die aller
lelikste toonskimmel veroorsaak. Ek antwoord ook nie meer my telefoon nie want ek is bang iemand gaan
my vra om ‘n nommer te bel wat my sal deurskakel na Jamaika, Uganda,
Singapoer of Uzbekistan. Danksy julle gebruik ek ook niemand se toilet behalwe my eie nie want
daar kan ‘n groot uitheemse spinnekop daar skuil wat my vleis kan laat
verrot en my ‘n pynlike dood laat sterf as dit my byt. As julle nie die epos aan ten minste 144 000 mense binne die volgende
70 minute aanstuur nie, sal ‘n groot duif met diarree op jou kop
beland en sulke sementpoefbottermengsel op jou kop skeit. Ek weet dit sal gebeur want dit het inderwaarheid met ‘n vriend van my
buurman se vorige skoonma se tweede man se niggie se haarkapper
gebeur! En terloops…’n Suid-Amerikaanse wetenskaplike het tydens ‘n
uitvoerige studie bevind dat mense met ‘n lae IK en wat baie ongereeld
seks het, lees altyd hulle epos met hulle hande op die muis. Moenie moeite doen om dit nou af te haal nie, dis te laat!!! Groete Brink – julle broer, neef, swaer, vriend, vennoot, konsultant, klient,
verskaffer, vyand, forum-maat en internet vertroueling -
Dead Horse
Dakota Native American tribal wisdom, passed on from generation to
“When you discover that you are riding a dead horse, the best strategy
generation, says:
is to dismount and get a different horse.” However, in educative, corporate and governmental Southern Africa,
more advanced strategies are often employed, such as: 1. Buying a stronger whip. 2. Changing riders. 3. Appointing a committee to study the horse. 4. Arranging to visit other countries to see how other cultures ride
dead horses. 5. Lowering the standards so that the dead horse can be included. 6. Reclassifying the dead horse as ‘living impaired’. 7. Hiring outside contractors to ride the dead horse. 8. Harnessing several dead horses together to increase speed. 9. Providing additional funding and/or training to increase dead
horse’s performance. 10. Doing a productivity study to see if lighter riders would improve
the dead horse’s performance 11. Declaring that as the dead horse does not have to be fed, it is
less costly, carries lower overheads and therefore contributes
substantially more to the bottom line of the economy than do some
other horses. 12. Rewriting the expected performance requirements for all horses. And of course … 13. Promoting the dead horse to a supervisory position! -
Who is awesome?
———- Forwarded message ———-
From: Barend Burger
Date: Tue, 25 Jan 2011 07:26:07 +0000
Subject: Who is awesome?
To: “baldy.co.za@gmail.com”