Moer-arm…

Arm, Armder, Moer-arm

Nou ons was moer-arm. Agt kinders. Daai tyd was ek in Std 2 en moes
ons van daai glas bottelkies Gom met die rooi proppie en rooi kwassie
hê vir skool.
My Ma het amper flou geval toe ek haar vra vir gom. “Waar dink hulle
moet ons die geld vandaan kry?”

Maar natuurlik – Boere maak ‘n plan. En Ma was nie stupid nie. Sy kon
tot gom maak. Ruk daar flour uit, gooi suiker by en kook die spul op
die stoof.
Ek staan eenkant, baie impressed met my slim Ma. Laat dit toe effens
afkoel en sit dit in ‘n ou NCR Yeast Blikkie wat so bietjie “verblyk”
was.

Ek was die enigste kind met ‘n Yeast Blikkie op my tafel. Al die ander
kinders het die regte bottelkies Gom gehad. Ek het nie baie omgegee
nie, want my gom was baie beter as hulle sin en het geplak soos
Superglue nie kan plak nie!

So drie weke later, terwyl die biesies buite bewe van die hitte, sit
ons klas in doodse stilte, besig met eksamen. Fokkit mense, een moerse
ontploffing ruk die hele skool tot aandag. Daar trek my donnerse
blikkie se deksel en hy agterna tot teenaan die sielieng. Dis net gom
wat neerkom op ons soos ‘n donnerstorm! Alles is wit. En dit stink
ongelooflik – suurhol se moses!

Ek’t nog nooit iets in my hele lewe geruik wat so gestink het nie. Die
Juffrou se brille is vol gom. Haar hare spierwit. Dit drup van haar af
asof sy in ‘n shower staan. Tot in haar kliewitch by haar tieties Ek
kon nie glo dat sy soos ‘n beeld lyk nie. Oral waar ek kyk in die klas
is almal faaktap van die gom. Almal is wit en gil van die skrik. Ons
boeke is faaktap. Ons klere is faaktap. Ons stink faaktap.
Juffrou wip toe haar gat en jaag ons almal uit en sê ons kan maar huis
toe gaan. Van die kinders wat bus gery het se gom het goed drooggeword
van al die gewag.

Ek was woedend toe ek by die huis kom. My Ma het gedink dis ‘n moerse
grap en het haar dinges amper geskeur van die lag toe sy my sien EN
ruik.
Die klaskamer moes uitgeverf word om van die suurholreuk ontslae te
raak, maar ons kon dit nog vir weke dwarsdeur daai PVA ruik.
Ek was glad nie gewild nie. Niemand wou eers meer met my speel nie..
Dis nou wat gebeur as jy Moer-arm is!

0 thoughts on “Moer-arm…”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *