Opstel oor arm wees

Imagine as jy 'n onderwyser is en jy kry so 'n opstel van een van jou leerders:

Arm, Armer, Moer-arm

 Ons was moer-arm. Agt kinders. Daai tyd was ek in Std 2 en moes ons van daai glas bottelkies gom met die rooi proppie en rooi kwassie hê vir skool. My Ma het amper flou geval toe ek haar vra vir gom. "Waar dink hulle moet ons die geld vandaan kry?"

 Maar natuurlik – Boere maak 'n plan. En Ma was nie stupid nie. Sy kon tot gom maak. Ruk daar flour uit, gooi suiker by en kook die spul op die stoof. Ek staan eenkant, baie impressed met my slim Ma. Laat dit toe effens afkoel en sit dit in 'n ou NCR Yeast Blikkie wat so bietjie verblyk was.

 Ek was die enigste kind met 'n Yeast Blikkie op my tafel. Al die ander kinders het die regte bottelkies gom gehad. Ek het nie baie omgegee nie, want my gom was baie beter as hulle sin en het geplak soos Superglue nie kan plak nie!

 So drie weke later, terwyl die biesies buite bewe van die hitte, sit  ons klas in doodse stilte, besig met eksamen. Fokkit mense, een moerse  ontploffing ruk die hele skool tot aandag.  

Daar trek my donnerse blikkie  se deksel en hy agterna tot teenaan die sielieng. Dis net gom wat  neerkom op ons soos 'n donnerstorm! Alles is wit.  

En dit stink  ongelooflik – suurhol se moses! Ek't nog nooit iets in my hele lewe  geruik wat so gestink het nie. Die Juffrou se brille is vol gom. Haar   hare spierwit. Dit drup van haar af asof sy in 'n shower staan.  Tot in   haar kliewitch by haar tieties. Ek kon nie glo dat sy soos 'n beeld lyk   nie.

 Oral waar ek kyk in die klas is almal faaktap van die gom. Almal is wit  en gil van die skrik. Ons boeke is faaktap. Ons klere is faaktap. Ons  stink faaktap.

Juffrou wip toe haar gat en jaag ons almal uit en sê ons kan maar huis  toe gaan. Van die kinders wat bus gery het se gom het goed drooggeword  van al die gewag. Ek was woedend toe ek by die huis kom. My Ma het  gedink dis 'n moerse grap en het haar dinges amper geskeur van die lag  toe sy my sien EN ruik.

Die klaskamer moes uitgeverf word om van die suurholreuk ontslae te  raak,maar ons kon dit nog vir weke dwarsdeur daai PVA ruik.

Ek was glad nie gewild nie. Niemand wou eers meer met my speel nie…

Dis nou wat gebeur as jy Moer-arm is!

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may also enjoy…